Brisen is in 1996 gestig deur Willie Brits, voorheen die verkrygings bestuurder van Nola Industries en later ‘n direkteur en aandeelhouer van FR Waring. Willie het op 28 Februarie 2015 afgetree na 18 jaar as aandeelhouer en direkteur, en is nie meer betrokke by die maatskappy nie.
In 1997 het Paul du Plessis by Brisen aangesluit. Hy was voorheen die verkrygingsdirekteur van Meadow Feeds en Grondstofbestuurder van Nola Industries. Paul het aan die einde van Maart 2023 afgetree van Brisen Commodities se daaglikse handelsaktiwiteite, maar bly ‘n direkteur en aandeelhouer.
In 1999 het Konrad Keyser by Brisen aangesluit. Konrad was voorheen die Internasionale Markte-ekonoom van die Mielieraad en Graanbemarkingsbestuurder van Senwes.
In 2015 is Lukas de Waal aan die handelskant en Stephan Griesel van die finansiële afdeling as direkteure aangestel.
Al die bogenoemde direkteure, wat ook aandeelhouers in Brisen is, was in verskeie hoedanighede betrokke by die bestuur van bedryfsorganisasies soos AFMA, SACOTA en Safex.
Brisen het oor die jare gegroei vanaf ‘n grondstof handelaar tot ‘n maatskappy wat doelgemaakte dienste aan sy kliente (beide korporatief en graanprodusente) lewer en onder andere die volgende insluit:
Al bogenoemde direkteure, wat ook die aandeelhouers in Brisen is, was en is steeds in verskillende hoedanighede betrokke by die besture van industrie organisasies soos AFMA, SACOTA en Safex.
Brisen beskik verder oor ‘n dinamiese span jong handelaars en bemarkers en goed gevestigde, ervare administratiewe, logistieke en rekenkundige afdelings. Hierdie afdelings word ondersteun deur doelontwerpte sagteware vir die landbou omgewing waarin ons besigheid doen.

Kopiereg © 2024 Brisen Commodities. Alle regte voorbehou. Webtuiste ontwerp en ontwikkeling deur Creative Avenue